Ladino גודיאו-איספאנייול Djudeo-espanyol, לאדינו Ladino | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Israel Turkye Frankryk Griekeland Verenigde State | |
Gebied: | Asië, Europa, Noord-Amerika | |
Totale sprekers: | 137 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Gallo-Iberies Ibero-Romaans Wes-Iberies Spaans Ladino | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | Autoridad Nasionala del Ladino | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | lad
| |
ISO 639-3: | lad
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Ladino is die taal van die Sefardiese Jode in hulle toenmalige vaderland Sefarad in Spanje van die 8ste tot die 15de eeu. Dit is 'n taal nou verwant aan Spaans waarin baie Hebreeuse woorde voorgekom het (soortgelyk aan die Germaanse taal Jiddisj wat nou verwant is aan Duits).
Tydens die heerskappy van die Arabiere van Spanje in de 7de eeu mag Jode net soos Katolieke en Moslems hulle eie geloof beoefen. Ladino vier hoogty op literêre gebied.
Deur die opkoms van die inkwisisie van die Rooms-Katolieke Kerk word die Jode in 1492 gedwing om hulle tot Katolisisme te bekeer. Baie ontvlug daarom Spanje en vestig hulle onder andere in die Balkan, Turkye, die Midde-Ooste en in Noord-Afrika, waar die taal verder ontwikkel.
In die twintigste eeu neem die aantal sprekers drasties af. Groot groepe Sefardiese Jode word in die Joodse volksmoord (Holocaust) tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor. Oorblywende Sefardiese Jode immigreer na Israel, waar hulle Iwrit ('n moderne vorm van Hebreeus) as die taal van hulle nuwe vaderland aanneem.
Ladino word as minderheidstaal nog in Israel, Marokko en op die Balkan gepraat, maar meestal deur ouer mense, wat die taal nie meer oordra aan hulle nageslagte nie. In enkele Latyns-Amerikaanse lande word Ladino ook nog binne Sefardiese gemeenskappe gepraat.